24/11/2024
Hello familie en vriende.
Ek weet die bewerings in die media die laaste paar weke het ‘n klomp van julle onstel en teleurgestel, maar hoe mens vorentoe beweeg is wat saak maak. Aan die verlede is daar nie veel wat mens kan doen nie. Ek weet ek was stil, maar ek is iemand wat altyd ‘n tree terug vat en kyk hoe iets uitspeel in die midde van onregverdigheid voordat ek reaksie gee, maar hier is ‘n verklaring van my kant af.
Soos wat ek kan bevestig dat daar sowat 20% informasie wat in die artikels is wat wel waar is en feitlik is, kan ek ook bevestig dat daar tenminste 80% geskryf is deur Rapport se joernalis wat blote leuens, sensasie, hoor-sê en opmaak stories is, vandaar die woord “bewerings” wat kort-kort deur hulle redaksie gebruik word.
Ek wil ook net byvoeg dat Rapport van dag een af my nog nooit met respek of goeie gees kon benader het wanneer hulle my gekontak het nie en altyd aanvallend teenoor my optree en my dreig oor die foon vir inligting.
Aan die res van die media, Huisgenoot, Netwerk 24, Elri Boucher en Mia Spies, dankie vir julle respek en goeie etiket, ek sal enige tyd met julle kan gesels.
Ek voel nederig soos wat die klappe oor my reën, want ek weet jy word nie aangeval as jy niks waardevol in jou hart het nie.
Ek is ‘n mens, nes julle, met baie foute en ek sal my self nooit probeer veronskuldig nie, ek besef daar sal altyd “haters” wees, mens kan nie almal gelukkig maak nie, ek is nie ‘n losie kaartjie na ‘n springbok game op Ellis Park nie.
Ek kies om hulle te vergewe, die ander wang te draai en aan te beweeg na beter dinge.
Ek besef hierdie situasie het gebeur vir ‘n goeie rede sodat ek kan leer en groei as mens daarom is dit my begeerte om te bly in die hande van my Pottebakker sodat Hy my kan vorm volgens Sy wil en nie myne nie.
Aan al my getroue ondersteuners, ek sal nie stil raak nie, dankie vir julle onvoorwaardelike ondersteuning en liefde 🫶🏼