A+pplous Tutorsentrum

A+pplous Tutorsentrum Tutorsentrum
Graad 1 – 9 | GED as opvolgopsie
Is hoofstroomonderrig nie die beste pasvorm vir jou kind nie? Kontak ons vir meer inligting:
📞083 485 7306

Ons bied ‘n ondersteunende en gestruktureerde leeromgewing wat aangepas is vir individuele behoeftes.

🎉 Graad 7, 8 & 9 Uitstappie – Woord van Dank 🎉Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor Magalies Ci...
28/05/2026

🎉 Graad 7, 8 & 9 Uitstappie – Woord van Dank 🎉

Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor Magalies Citrus vir die wonderlike geleentheid en gasvryheid tydens ons opvoedkundige uitstappie. Die ervaring was nie net leersaam nie, maar ook baie geniet deur al ons leerders en personeel.

Baie dankie aan al die ouers vir julle ondersteuning, samewerking en vertroue. Julle betrokkenheid maak geleenthede soos hierdie moontlik.

Aan ons Graad 7, 8 en 9 leerders — dankie vir julle uitstekende gedrag, positiewe gesindheid en deelname gedurende die dag. Julle het ons skool met trots verteenwoordig.

Ons waardeer elke persoon wat deel was van hierdie besondere dag. 🌿🍊

MAGALIES Citrus Company Brits NW

APPLOUS TUTORSENTRUM Op soek na ’n skool waar jou kind regtig gesien, gehoor en ondersteun word? 💙By Applous Tuisskool T...
26/05/2026

APPLOUS TUTORSENTRUM

Op soek na ’n skool waar jou kind regtig gesien, gehoor en ondersteun word? 💙

By Applous Tuisskool Tutorsentrum fokus ons op:
- Graad 1–9 & GED
- Afrikaans & Engels
- Klein klasse
- Persoonlike aandag
- Kwaliteit onderrig
- Inklusiewe onderwys
- CAPS & DCAPS

✨ Ons glo:
✔️ Elke kind is kosbaar en uniek
✔️ Leer moet positief en motiverend wees
✔️ Klein klasse bou groot selfvertroue

❤️ ’n Klein skool met ’n groot hart.

📍 Brits
📞 083 485 7306
📧 [email protected]

⚠️ Beperkte plek beskikbaar!
Kontak ons vandag nog.

Ons is ongelooflik trots op ons Graad 7, 8 en 9 leerders se kreatiwiteit, harde werk en toewyding met hul Natuurwetenska...
22/05/2026

Ons is ongelooflik trots op ons Graad 7, 8 en 9 leerders se kreatiwiteit, harde werk en toewyding met hul Natuurwetenskappe-taak oor die Sonnestelsel. 🌞🪐🌍

Elke projek wys nie net kennis van ons wonderlike heelal nie, maar ook die moeite, oorspronklikheid en entoesiasme waarmee die leerders gewerk het. Van planete tot wentelbane – elke model vertel sy eie unieke storie van ontdekking en leer.

Baie dankie aan al die leerders vir julle uitstekende werk, en ook aan die ouers vir julle ondersteuning. Julle het bewys dat leer werklik iets besonders kan wees wanneer mens kreatiwiteit en deursettingsvermoë kombineer. ⭐

Hou aan droom, ontdek en reik na die sterre – die heelal is vol moontlikhede! 🚀🪐

🌤️ Hemelvaart / Ascension Day 🌤️Vandag onthou ons hoe Jesus opgevaar het hemel toe om by Sy Vader te wees.Al sien ons Ho...
14/05/2026

🌤️ Hemelvaart / Ascension Day 🌤️

Vandag onthou ons hoe Jesus opgevaar het hemel toe om by Sy Vader te wees.
Al sien ons Hom nie met ons oë nie, leef Hy elke dag in ons harte. 💙

Ons kinders het vandag met groot vreugde hul mooi Hemelvaart-kunswerk gemaak en ons is baie trots op elkeen van hulle. ✨

“Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en na die hemel opgevaar.”
— Lukas 24:51

Mag ons altyd opkyk met hoop, geloof en blydskap. 🙏☁️

Gelukkige Moedersdag! 🌸Aan al die wonderlike ma’s…Dankie vir julle eindelose liefde, omgee, opoffering en ondersteuning....
10/05/2026

Gelukkige Moedersdag! 🌸

Aan al die wonderlike ma’s…
Dankie vir julle eindelose liefde, omgee, opoffering en ondersteuning.
Julle maak elke dag mooier met julle vriendelikheid en krag.

Soos blomme is elke mamma uniek, pragtig en besonders op haar eie manier.
Dankie dat julle ons help groei, leer en blom.

Met liefde van ons almal by Applous! 🌷

Seisoene / Seasons: Herfs / Autumn 🍂Vandag het ons kreatief geraak met die kleure van herfs!Ons het blare gebruik om te ...
30/04/2026

Seisoene / Seasons: Herfs / Autumn 🍂

Vandag het ons kreatief geraak met die kleure van herfs!Ons het blare gebruik om te verf en pragtige kunswerke geskep. 🎨

Today we explored Autumn by using leaves to paint and create beautiful artwork!

🍁 Hierdie aktiwiteit help leerders om:• Kreatief te dink• Fyn motoriese vaardighede te ontwikkel• Die natuur te waardeer

🍁 This activity helps learners to:• Be creative• Develop fine motor skills• Appreciate nature

Ons is so trots op ons klein kunstenaars! 💛

✏️ Taalwenk🤓Weet jy wanneer om breek en breuk te gebruik? 📚
29/04/2026

✏️ Taalwenk🤓

Weet jy wanneer om breek en breuk te gebruik? 📚

✨ Welkom terug – Termyn 2! | Welcome back – Term 2! ✨Ons is opgewonde om al ons Applous-leerders weer terug te verwelkom...
13/04/2026

✨ Welkom terug – Termyn 2! | Welcome back – Term 2! ✨

Ons is opgewonde om al ons Applous-leerders weer terug te verwelkom vir ’n nuwe kwartaal vol groei, leer en nuwe geleenthede 📚🌱
We are excited to welcome all our Applous learners back for a new term filled with growth, learning, and new opportunities.

Mag hierdie termyn gevul wees met:
⭐ Nuwe kennis
⭐ Selfvertroue wat groei
⭐ Vriendskappe wat versterk
⭐ En baie sukses!

May this term be filled with:
⭐ New knowledge
⭐ Growing confidence
⭐ Strengthened friendships
⭐ And great success!

Ons sien uit daarna om saam met elke leerder te werk en hulle potensiaal verder te ontwikkel 💫
We look forward to working with each learner and helping them reach their full potential.

Kom ons maak Termyn 2 / Term 2 ’n fantastiese een! 💙

— Applous

🎉 Last day of school fun! 🎨Our Grade 1–3 learners ended the term with smiles, colour, and finger painting joy 🖐️🌈Wishing...
19/03/2026

🎉 Last day of school fun! 🎨

Our Grade 1–3 learners ended the term with smiles, colour, and finger painting joy 🖐️🌈

Wishing everyone a happy and safe holiday! 💛

Ons “Shop” dag en Tombola was ‘n groot sukses! 🛍️🎟️Dit was wonderlik om te sien hoe ons leerders én ouers die “Shop” dag...
19/03/2026

Ons “Shop” dag en Tombola was ‘n groot sukses! 🛍️🎟️

Dit was wonderlik om te sien hoe ons leerders én ouers die “Shop” dag geniet en die geleentheid benut het.

Die Tombola het ook baie goed verloop, met leerders wat met entoesiasme deelgeneem het en dit ten volle geniet het.

‘n Opregte dankie aan elkeen vir die donasies en deurlopende ondersteuning. Saam maak ons ‘n verskil in ons skoolgemeenskap. 💙

---

Our “Shop” Day and Tombola were a great success! 🛍️🎟️

It was wonderful to see both our learners and parents enjoying the “Shop” Day and making the most of the opportunity.

The Tombola also went very well, with learners participating enthusiastically and thoroughly enjoying the experience.

A sincere thank you to everyone for the generous donations and continued support. Together, we make a difference in our school community. 💙

Address

Blinkblaarstraat 3
Brits
0250

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00

Telephone

0834857306

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when A+pplous Tutorsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to A+pplous Tutorsentrum:

Share