Wie is Mooivlooi?
My naam is Angelique. Almal ken my as die chatterbox, propvol idees, wat gek is oor krale en crafting. MooiVlooi is ‘n tuis gedrewe besigheid wat in 2018 sy voelers begin uitsteek het in die “handmade” bedryf. Ek het ‘n stokperdjie gesoek om myself besig te hou, nadat my tweeling gebore was, en het net 2x per jaar by kerk markte en af en toe in Uvongo uit gestal as ek op vakansie gegaan het. Grootboet se markdag was maar ons ding. Min wetend, het Mooivlooi uit sy nate uitgebars met sukses en elke klient het soos ‘n vriendin begin raak. Alles word met soveel passie en liefde gemaak. My mission is om vroue te inspire, en om hulle op te bou. Elke produk word spesiaal met die handgemaak, en elke produk kry ‘n special kaartjie by met ‘n uplifting woord wat jy in jou hart kan bere. Iet’s wat jou opbou! Mooivlooi is nie net nog ‘n krale besigheid nie, Mooivlooi is deel van Upliftment, motivation, en self love! En jy is die BESTE,mooiste vrou wat jy kan wees. Jy is die appel van God se oog! You are fearfully and wonderfully made.