30/10/2024
AleNic - Handcut Coin Jewellery is 2 jaar oud vandag ❤️🫶🏼
As iemand vir my gese het dat my besigheid so sou groei sou ek hulle nooit geglo het nie. Dit was die wonderlikste maar ook die bitterste hartseer 2 jaar van my lewe. Ek wil met n opregte hart dankie se vir elke like, elke comment, elke aankoop en elke bestelling. Dankie vir die mense wat spesiaal uitry na markte, feeste en skoue toe as hulle sien ek is daar, dankie vir die waardering in julle oe vir my werk. Dankie aan my mark/skou familie wat my aanmoedig en ondersteun en dankie aan my familie, veral my dogter Nicole wat my advertensies, besigheidskaartjies ens maak. Sonder almal van julle sou hierdie nie moontlik gewees het nie. En dan n spesiale dank aan ons Vader, God, wat hierdie saadjie in my kop geplant het en wat elke tree saam my stap.
Lukas 18:27
Daarop antwoord Hy "Wat vir die mens onmoontlik is, is vir God moontlik".