09/06/2026
"Daarom sal uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig word nie, want deur die wet is die kennis van die sonde." – Romeine 3:20 (AFR53)
Die wet van God is soos 'n spieël. Dit wys vir ons waar ons tekortskiet en hoe nodig ons die Here het. Die wet kan ons nie red nie; dit openbaar ons sonde en herinner ons daaraan dat ons nie uit eie krag regverdig voor God kan staan nie.
Maar die goeie nuus is dat Abba Vader het ons nie by die wet laat staan nie. Hy het Sy Seun, Jesus Christus, gestuur om vir ons sondes te sterf. Deur geloof in Jesus ontvang ons vergifnis, genade en 'n nuwe verhouding met God.
1 JOH 1:9 AFR83
[9] Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Waar die wet sê: "Jy het gesondig," sê Jesus: "Kom na My toe, Ek het vir jou betaal." Die wet wys die probleem, maar Jesus is die oplossing. Daarom leef ons nie in veroordeling nie, maar in die vryheid van God se genade.
Gedagte vir die dag:
Die wet wys my my behoefte aan 'n Verlosser; geloof in Jesus bring my by God se genade.
Here Jesus, dankie dat U my sonde vergewe het en my deur genade gered het. Help my om elke dag in geloof te leef en my vertroue volkome op U te stel.
Geseënde dag